KOPSTUKKE is 'n versameling essays, sketse en meningstukke deur 'n bekende skrywer, die historikus en argivaris dr. Francois Verster, wat meestal onlangs op Facebook en elders verskyn het. Hierin word 'n aantal kontemporêre, relevante onderwerpe aangespreek, soos deur die skrywer self uitgesoek.
KOPSTUKKE is bedoel vir diegene wat verder wil dink as dít wat op populêre of sosiale media te lees is; pitkos vir die denkende Afrikaanssprekende van vandag, in helder, toeganklike Afrikaans geskryf deur iemand wat wyd belese is, krities dink, en introspeksie as essensieel vir individuele voortbestaan beskou.
Lees om te leer om te lewe!