|
DIE SKRYWERS
Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil José Palmer en Reinette Lombard met die LEER MY LEES / LEARN TO READ-reeks 'n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip sal bevorder. Heloise Maritz is 'n grondslagfase-onderwyser by Laerskool Trompsburg in die Vrystaat. Sy het 17 jaar onderwysondervinding, en gebruik al vir Tippie in haar klas vir 8 jaar. Sy 'n mede-skrywer van onder andere die Tippie Graad R-boeke, en is verder ook betrokke met ander opvoedkundige produkte in die Tippie-reeks.
|