|
DIE SKRYWERS
Met jare se ervaring in buitengewone onderwys waar kinders met lees- en spelprobleme sukkel om te leer, wil José Palmer en Reinette Lombard met die LEER MY LEES / LEARN TO READ-reeks 'n liefde vir lees by kinders kweek. Hierdie leesreeks met sy prettige illustrasies is saamgestel sodat dit nie net pret sal wees om te lees nie, maar ook woordeskat en leesbegrip sal bevorder. Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Hy het ook al 'n rits ATKV-Woord-veertjies en 'n M.E.R.-prys ingepalm. Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en hy wen 2019 se kompetisie met Offers vir die vlieë. Dié boek ontvang ook 'n ATKV-Woordveertjie toekenning (2019) en word met die Scheepers-prys vir jeuglektuur (2022) bekroon.
|