In Londen sit Wilmien die orige "Batman" en sy pel mooi op hul plek. Hoe durf hulle haar op haar rokkie en hoëhakskoene takseer? Terug op eie bodem kry sy 'n skok: Batman van die moltrein is haar nuwe baas se seun.
Annarie Linde het na die Laeveld verhuis vanuit die Suid-Kaap waar sy 'n hele paar jaar skoolgehou het. Haar grootste prestasie was om vier seuns groot te maak, en hulle bly tegelyk haar aansporing en ondersteuningsnetwerk. Sy is eindeloos geïnteresseerd in mense en in die wêreld rondom haar, en glo aan die mag van die liefde om sin te gee aan die lewe.