Josie het nie ooghare vir mense wat ander oordeel nie. Daarom stamp sy en Matt onmiddellik koppe toe hy met sy vooroordele by haar koffiewinkel instap. En tog, sy kan dié aantreklike rooikop net nie uit haar gedagtes kry nie ...
Annarie Linde het na die Laeveld verhuis vanuit die Suid-Kaap waar sy 'n hele paar jaar skoolgehou het. Haar grootste prestasie was om vier seuns groot te maak, en hulle bly tegelyk haar aansporing en ondersteuningsnetwerk. Sy is eindeloos geïnteresseerd in mense en in die wêreld rondom haar, en glo aan die mag van die liefde om sin te gee aan die lewe.