Jare ná Katinka se kortstondige, toevallige ontmoeting met 'n droomman verskyn hy weer in haar lewe. Maar in haar verlede is 'n donker geheim en daar is 'n teisteraar op haar spoor.
Mattie Pansegrouw woon saam met haar eie held in Port Elizabeth. Sy is trots op hul lang drie seuns na wie sy graag opkyk en geniet hul liefdevolle drukkies. Haar pragtige skoondogters, vyf kleindogters en ses agterkleinkinders maak ook haar hart sag. Sy is lief vir die see, tuinmaak, lees en skryf. Lag, glo sy, is die resep vir 'n blymoedige lewe.