Sarah is nege jaar gelede sonder 'n spoor uit Doebai weg. Kort daarna is haar en Omar Issa se seun gebore. Omar vind haar in 'n afgeleë Suid-Afrikaanse dorpie, maar sy gaan hom nie weer vertrou nie.
Annarie Linde het na die Laeveld verhuis vanuit die Suid-Kaap waar sy 'n hele paar jaar skoolgehou het. Haar grootste prestasie was om vier seuns groot te maak, en hulle bly tegelyk haar aansporing en ondersteuningsnetwerk. Sy is eindeloos geïnteresseerd in mense en in die wêreld rondom haar, en glo aan die mag van die liefde om sin te gee aan die lewe.