Ginnie ontmoet na jare weer vir Lambert, haar broer se beste vriend, en sy kom gou agter die seun wat sy geken het, is weg. Lambert is 'n man wat weet wat hy wil hê.
Annarie Linde het na die Laeveld verhuis vanuit die Suid-Kaap waar sy 'n hele paar jaar skoolgehou het. Haar grootste prestasie was om vier seuns groot te maak, en hulle bly tegelyk haar aansporing en ondersteuningsnetwerk. Sy is eindeloos geïnteresseerd in mense en in die wêreld rondom haar, en glo aan die mag van die liefde om sin te gee aan die lewe.